Besoek die "VLAM VIR AFRIKAANS" in die Senotaafsaal.
Dit is op 8 Mei 2016 deur dr. Mimi Coertse aangesteek.
Afrikaans is op 8 Mei 1925 as amptelike taal erken.
Teken gerus die Besoekersboek en los `n groeteboodskap aan AFRIKAANS op `n A4 briefhoof.
Dr. Mimi Coertse, internasionale verhoogkunstenaar en diva, is deur ATKV Centurion genooi om die “Vlam vir Afrikaans” aan te steek.
Die Fakkel sal voortaan saam met die talle “groeteboodskappe vir Afrikaans” wat van oraloor van kultuurorganisasies, naskoolse opvoedkundige inrigtings en skole ontvang is, in die Senotaafsaal in die Voortrekkermonument besigtig kan word.
Op die foto verskyn mnr. Japie Gouws, Besturende Direkteur van die ATKV langs haar. Marrie Theron, saagspeler van ATKV Centurion Musiekforum staan heel links saam met verteenwooordigers van skole wat groeteboodskappe langs die “Vlam vir Afrikaans” kom plaas het.